top of page


Ons werk aan NUWE ONTWERPE!
Die eerste sitkom in Afrikaans.
In Mei 1988 word die eerste sitkom in Afrikaans uitgesaai. ORKNEY snork nie! - vervaardig deur Willie en Pieter Esterhuizen - (oorspronklik van Orkney in die ou Wes-Transvaal, vandag Noordwes-Provinsie) is 'n rasende sukses en altesaam 52 skreeusnaakse episodes en 2 films sien die lug.
Die T-hemp-ding.
Ek (Anrich) het die rol van Wimpie van Tonder vertolk, en het by Pieter en Willie toestemming gekry om van die snaaksste sê-goed uit ORKNEY snork nie! op T-hemde (en hopelik binnekort nog produkte) te verewig. Ons reeks T-hemde is ontwerp om jou te laat lag, te laat onthou en te laat lekkerkry.
Gaan volg ons op Instagram.
bottom of page