
Ons T-hemde
Ons het lank gesoek vir die regte T-hemp. Dit moes eerstens aan die lyf voel soos ons wou hê dit moes voel - sag en duursaam. En dit moes reg sit. Ons het heelwat geleer, onder andere oor die verskillende tipes katoen wat mens kry, mengsels van materiale, ensovoorts. Uiteindelik het ons by 'n vervaardiger uitgekom wat al die boksies ge-"tick" het, en die gevolg was...
Gekamde katoen
Gekamde katoen ondergaan 'n ekstra stap in die verwerkingsproses om kort vesels en onsuiwerhede te verwyder, wat dit aansienlik sagter, gladder, sterker, meer duursaam en minder geneig maak tot "wollies" as normale (ongekamde) katoen.
Plaaslik vervaardig
Die koop van plaaslik vervaardigde produkte is noodsaaklik om die ekonomie te versterk, werk te skep, afhanklikheid van invoere te verminder, plaaslike vaardighede/vakmanskap te bevorder, beter gehalte te verseker, en volhoubaarheid te bevorder deur die omgewingsimpak van vervoer te verlaag. Dit versterk plaaslike nywerhede, hou geld binne die land en ondersteun die groei van Suid-Afrikaanse talent en gemeenskappe.
Boetiek-styl
Ons dra geen voorraad nie. Sodra jy 'n T-hemp gekies het, bestel ons dit en die proses begin.
Ons druk self
Wat jou T-hemp nog meer uniek maak, is die feit dat ons elke T-hemp self met die hand druk in ons ateljee in Bellville. Baie dankie aan Martin van MJ Promo, wat ons geleer het hoe om te druk. Daar's nie baie mense soos hy wat bereid is om hulle vaardigheid te deel nie.
